
=====================================================================
Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Privaat skole verseker moedertaalonderwys

Fadia Salie   het gevind daar is nog min Afrikaansmedium privaat skole in die land, maar die behoefte groei. Sulke skole sal uit eie beurs 
moet kom.

GEEN individu kan toelaat dat sy moedertaal reeds op laer skool na 'n lae prioriteitsvlak afgedruk word nie en daarom besef al hoe meer 
mense dat Afrikaanse privaat skole die aangewese uitweg is om die taal te beskerm en te bevorder.

S s mnr. Neil van Heerden,   direkteur in die raad van die privaat skool Helpmekaar in Gauteng. Hy het   gereageer op navrae oor 'n 
neiging dat al hoe meer Afrikaanse privaat skole nou tot stand kom. Begin vanjaar het die privaat skool Simond in Simondium, Paarl, sy 
deure   geopen en sodoende die eerste Afrikaanse privaat skool in die Wes-Kaap geword.

In Gauteng is reeds vier Afrikaanse privaat skole by die Onafhanklike Privaat Skole Raad van Suid-Afrika   (Independent Private Schools 
Council of South Africa) geregistreer.

Volgens 'n woordvoerder van die raad het die Laerskool Jan Celliers en   Laerskool Helpmekaar reeds lank as Afrikaanse   staatskole 
gefunksioneer, maar hulle is in die laaste drie jaar geprivatiseer. Ook die Horskool Helpmekaar is sowat vier jaar gelede geprivatiseer 
omdat "daar 'n behoefte was om Afrikaans op skool te bevorder".

Van Heerden s dit gaan nie soseer daaroor dat die taal bedreig word nie, maar as nou al toegelaat word dat moedertaalonderwys geknou word, 
sal mense oor tien of vyftien jaar nie meer die reg h om daarop aan te dring nie. "As 'n inklusiewe benadering gevolg word, kan die taal 
stabiliteit in 'n bevolkingsgroep bring wat na die res van die land sal oorspoel. Dit kan nasionale stabiliteit help teweegbring.

"As 'n bevolkingsgroep deur die bedreiging van sy taal gedestabiliseer word, kan geen positiewe bydrae gelewer word nie, omdat die individu 
uiteraard 'n deel van sy menswees ontneem word," het Van Heerden ges.

Mnr. Philip Collins, skoolhoof van die privaat skool Simond, deel di   siening en s sy skool se doel is om gehalteonderrig te bied sonder 
om die moedertaal op te offer.

Simond erken Engels se waarde as wreldtaal en l baie klem daarop, maar dit word nie ten koste van Afrikaans as onderrigtaal aanvaar nie. 
"Engels word as 'n volwaardige vak parallel met Afrikaans aangebied sodat alle leerlinge goed voorberei word om in albei tale goed te kan 
kommunikeer, hetsy praat of skryf," het Collins ges.

Die skool het tans net onder dertig leerlinge met 'n onderwyser/leerling-verhouding van 1:8. Di verhouding is reeds by die aanvanklike 
beplanning van die omskepping van die skool in 'n privaat skool vasgestel, sodat elke leerling individuele aandag kan geniet.

Die belangstelling in en behoefte aan die skool groei daagliks. Verskeie ouers in die omgewing en selfs buite die Boland is bereid om 
kinders na die skool aan te ry.

Met die stigting van Simond, glo mnr. Collins, word 'n "ongelooflike bydrae tot die bevordering van Afrikaans gelewer, veral omdat dit ook 
binne die geografiese gebied is waar Afrikaans ontstaan en gegroei het".

Hy s ook die moontlikheid bestaan dat die skool tot 'n hor skool uitgebou kan word, maar dit sal grootliks afhang van die geldelike steun 
van die private sektor. Tans betaal die ouers self en sien die bestuursraad om na die instandhouding van die skool. Die bedrag betaalbaar 
by toelating is R1 000, wat nie terugbetaalbaar is nie. Daarby moet elke leerling op die eerste dag van elke maand R500 betaal. "Hoewel die 
skool by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement geregistreer is, kwalifiseer hy nie vir 'n staatsubsidie nie en sal sy uitbreiding grootliks 
afhang van geldelike steun van buite," het Collins ges.

Van Heerden en Collins is dit eens dat Afrikaansmedium onderrig in die snelgroeiende tegnologiese ontwikkeling van die wreld nie eng kan 
wees nie. Daarom spits die onderskeie skole hulle op die tegnologie toe, maar kombineer dit met 'n sterk akademiese inslag.

Volgens Van Heerden is daar 'n sterk kennisname dat die wreld veel groter as Afrikaans is. "Daar moet net 'n groter erkenning vir die taal 
wees sodat die individu die kans kan h om mededingend in die groter wreld te kan staan."

Intussen het een van die grootste ondernemings in private onderrig in die land, Educor, onlangs in sy jaarverslag   aangekondig dat hy sy 
teenwoordigheid op onderriggebied in die Wes-Kaap gaan vergroot deur onder meer met Afrikaanse privaat skole te begin.

"Die Kaap behoort in 1999 sy eerste Afrikaanse privaat horskool te h," het mnr. Nielen Brummer, die groep se uitvoerende hoof,   ges.

Educor het reeds in Junie die Charter Group, wat   sy kernbedrywighede in Academy of Learning het,   van Log-Tek Holdings en   
International Colleges   (Intec) oorgeneem om gestalte aan di vooruitsigte te gee.

Volgens Brummer behoort die groep se Midrand kampus, wat voorsien in 'n bre spektrum van tersire opleiding wat strek van 
oorbruggingskursusse tot nagraadse studie, in 1999 na Kaapstad uit te brei.

Intec, wat hom op afstandsonderrig toespits, se oorname deur Educor het die studentegetalle van laasgenoemde tot byna 300 000 verdubbel. 
Volgens mnr. Frank Maunder, uitvoerende hoof van Intec, sal die groep   se kursusse aanstaande jaar volledig op die Internet aangebied 
word.

"Daar is tans meer as 500 000 studente in hor onderwys. Di syfer sal in die volgende vyf jaar tot byna 2 miljoen aangroei. Die regering 
het reeds aangedui dat hy nie alleen di uitdaging kan oorbrug nie en dat private instansies sal moet help met die voorsiening van 
onderrig," het mnr. Brummer ges.

Die maatskappy begewe hom op die gebied van Afrikaanse privaat skole net "omdat daar 'n behoefte daaraan bestaan."

Fadia Salie   is by Sake-Burger.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5122.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

